DictionaryForumContacts

 Sjoe! moderator

1 2 all

link 26.11.2007 14:05 
Subject: Niks nuut onder die son nie afr.
Het dit vandag op ZALang gevind:

Beste kollegas
Ek was een van die eerste intekenaars op ZALang, en het deur die jare
die lys aktief ondersteun - nie noodwendig deur elke dag by te dra nie,
want daar is nie altyd tyd daarvoor nie, maar ook deur ander - en veral
onervare - vertalers aan te moedig om aan te sluit. Wanneer ek wel
gevoel het ek kan bydra, het ek dit gedoen. Die lyslede het my ook deur
die jare heen gehelp om talle netelige probleme op te los, en daarvoor
is ek baie dankbaar.

Ek het egter nou by 'n punt gekom waar my tyd te min raak om selfs net
die boodskappe wat ek nie wil lees nie, te ignoreer. Ek vind ook dat
wanneer meer ervare persone navorsing doen en probeer help, daardie hulp
bloot geïgnoreer of afgemaak word. Dit maak 'n mens teÕsinnig om selfs
te probeer help, want ek kry al hoe meer die gevoel ek mors my tyd. Dis
jammer, want ek dink die ervare vertalers en terminoloÕ op die lys het
'n groot bydrae om te maak.

Ons het herhaaldelik gevra dat lede moet aandui watter bronne hulle
geraadpleeg het om dubbele soektogte te vermy - dit gebeur bitter selde,
en dit is een van die redes waarom my bydraes so min geraak het, want ek
is nie lus om tyd te mors om bronne te raadpleeg wat reeds gebruik is,
of dan toevallig in die heel basiese bronne te soek, en uit te vind die
lid het nie eers daardie bron benut nie. Ek is nie onwillig om my bronne
of tyd te deel nie, maar ek is nie bereid om basiese soektogte te doen
wat lede self kan doen nie. Dis 'n ander saak as jy nie enige bronne
byderhand het nie, maar dan sê jy so!

Ek voel dus ek het die einde van die pad met ZALang bereik. Indien
enigiemand my privaat wil kontak met 'n navraag - ek help as ek kan.
Julle het my kontakbesonderhede.

Wilna Liebenberg
Taalkonsultant/Language Consultant

 Sjoe! moderator

link 26.11.2007 14:08 
'n Antwoord:

Vriende,

Glo my, Wilna praat net namens haarself nie.

Wat moet mens nóg doen om navraers te oortuig van die noodsaak om AL die elemente waaroor ons al so dikwels gesels het, op ons maandelikse neulvrae/FAQ's verskyn, ens edm ad infinitum, in die praktyk in hul navrae in te sluit? Hierdie interessante - maar in wese grensend aan die absurde - debat oor hidrolika, hidrologies, hy wat nou weer presies?, is mos nou weer sprekend van hoeveel tyd mense bestee aan 'n debat wat geen debat hoef te wees nie.

Een van my mentors (mentore?) in die vertaal/redigeerbedryf sê graag: "Sê wat jy bedoel en bedoel wat jy sê". Presies.

Groetnis,
Werner Scholtz

 Sjoe! moderator

link 26.11.2007 15:39 
Samuel:

Wilna Liebenberg het geskryf:
> Ek voel dus ek het die einde van die pad met ZALang bereik.

Dis jammer.

Maar ek dink 'n mens moet besef dat ZaLang 'n gemeenskap is met baie
lede en baie klieke. Daar sal altyd lede wees wat versoeke om konteks
te gee of om geraadpleegde bronne te vermeld, ignoreer... net soos wat
daar altyd lede sal wees wat mooi saamwerk en vir wie dit 'n plesier is
om te help.

'n Mens kan probeer om die ZaLang-gemeenskap te berel deur streng te
wees teen "oortreders", maar dis nie ideaal nie. Boonop kom nuwe lede
gedurig by wat nie die geskiedenis van die lys ken nie en vir wie 'n
versoek om iets te doen, nie 'n "herhaaldelike" versoek is nie.

ZaLang is ook nie bloot 'n vraagbaak nie. Hier is gesprekke en
diskussies en soms verstaan mense ander mense verkeerd, of lees hulle
iets in 'n e-pos mis wat vir ander mense ooglopend is. Ek is seker daar
is 'n plek op die internet vir 'n gemodereerde vraag-en-antwoord-diens,
maar ZaLang is nie di diens nie. ZaLang is 'n gemeenskap en daarom
moet 'n mens die goeie saam met die slegte aanvaar.

Onthou ook dat mense op ZaLang gesigloos is. Ek kan nie uit die e-pos
aflei watter skrywer is 'n gesoute vertaler en watter een is 'n nuweling
nie. En as ek met iemand nie saamstem oor iets nie, of bereid is om
daaroor te gesels, is dit uiteraard nie 'n aanduiding dat ek die persoon
as 'n groentjie beskou nie. Boonop het almal verskillende maniere van
gesprekke voer en daarom moet 'n mens lankmoedig wees op 'n e-poslys.

Dis maar net my opinie.

Ek bly aan by ZaLang want ek voel ek sou meer verloor deur weg te gaan as wat ek verloor deur aan te bly. En wat wen 'n mens deur weg te gaan?

Groete
Samuel

 Sjoe! moderator

link 26.11.2007 15:42 
Samuel weereens:
> Boonop kom nuwe lede
> gedurig by wat nie die geskiedenis van die lys ken nie en vir wie 'n
> versoek om iets te doen, nie 'n "herhaaldelike" versoek is nie.

En ek moet byvoeg... 'n mens lees tog nie al die boodskappe nie, en die
boodskappe wat jy wel lees, lees jy selektief vir net die dinge waarin
jy behangstel, nie waar nie? Dus is dit maklik om "herhaaldelike"
versoeke te mis.

Samuel

 Sjoe! moderator

link 27.11.2007 10:14 
Michelle Rabie het geskryf:

Dit is inderdaad jammer dat Wilna besluit om ons te verlaat dit help baie om iemand met soveel kennis se raad te lees, selfs al is dit nie van toepassing op enige vertaling waarmee ek tans besig is nie en n mens leer tog nuwe dinge, veral n groentjie soos ek.
ZaLang bly vir my n n uitstekende bron en kyk maar, een van hierdie dae gaan ek begin om geniale bydraes te maak!

Kobus Marais:

Kobus: Terwyl hierdie gesprek nou aan die gang is, wil ek graag julle gevoel oor iets toets. Ek het tot dusver studente aangemoedig om by Zalang aan te sluit omdat ek dit as 'n uiters goeie leerskool beskou vir ouens wat met vertaalwerk begin. Ek weet die gevaar is dat hulle vrae sal vra wat irriterend is en daarom wil ek graag 'n eerlike mening van lyslede h. As julle so voel, staak ek die praktyk om hulle by Zalang te laat aansluit. Ek weet julle is besig en het gesinne om aan die lewe te hou. Ek sou 'n ander plan kon maak met die studente. Ek wil nie h dat julle of die lys se funksionaliteit hieroor in gedrang moet kom nie. Ek sal nie aanstoot neem as julle s dit moet liewer stop nie.
Dr. J. Marais Senior Lektor/Senior Lecturer APVert (SAVI)/APTrans (SATI) Dept. Afro-Asiatiese Studie, Gebaretaal en Taalpraktyk

Jackie Viljoen:

Ek volg ook die debat en is bitter jammer dat ons Wilna verloor. Wat die *irriterende* vrae betref, as ’n vraag my irriteer/steur, delete ek bloot die pos sonder om verder te lees (en dan ook sommer al die antwoorde/kommentaar wat daarop volg), sodat dit uiteindelik vir my nie ’n probleem is nie. Wat vir een mens dalk *irriterend* is, is vir ’n ander ou dalk nuut en interessant. Met so baie lede kan dit nie anders nie, en dit is dus vir my geen probleem nie. En, as ek die slag groot drukte ervaar, delete ek sommer alles sonder lees - ek kan dit altyd later weer gaan lees. Hulp aan studente irriteer my glad nie. Ons is immers almal hulle leermeesters. As ons hulle nie help nie, gaan hulle dalk elders hulp soek - en dalk ’n groot gemors maak! Laat hulle liewer vra en kundige hulp kry as om ’n gemors te maak of veral ook moedeloos te raak omdat niemand hulle wil help nie. Ek besef ander kan dalk van my verskil. Dit is ook goed; bostaande is bloot my eie mening.

Werner Scholts weereens:

Vriende

Sam is in 'n moelike posisie as moderator om deel te neem aan die gesprek. Dus het hy voorspelbaar die "ander" kant van die storie weergee, met die klem op nuwe deelnemers se gebrek aan langduringe blootstelling edm.

Nou ja, wat hy ges het, is natuurlik korrek, maar daar is twee sake wat hy egter nie aanraak nie. Op die eerste het ek in my bydrae gister gewys: Dis nie om dowe neute dat ons gereeld Neulvrae/FAQ's ontvang nie. En hierdie gereelde omsendskrywe is enige nuwe deelnemer se Bybel van waaroor dit by ZaLang gaan. Gevestigde lede kan dit gerus ook meer dikwels aandagtig deurlees! Die gebrek aan langdurige blootstelling word tot 'n beduidende mate deur 'n kennis en 'n toepassing van wat die neulvrae /FAQ's bevat, verminder en omseil. Op hierdie manier kan nuwe lyslede sommer van meet af aan met volle vaart en entoesiasme deelneem en waarde tot ons produk toevoeg.

My tweede punt gaan egter oor wat Wilna dalk nie eksplisiet gestel het nie. Die vernaamste 'oortreders' is juis gevestigde lyslede wat baie goed weet dat (om slegs n voorbeeld te noem) KONTEKS die noodsaaklikste voorwaarde is om te verstrek wanneer mens navraag doen oor iets spesifieks.En wanneer gevestigde lede (verskoon my reguit taal) hulle afvee aan wat baie duidelik, mooi en aanhoudend aan hulle oor 'n lang tydperk gevra is, dan lei dit tot die argwaan van senior lede soos Wilna. En kan ons juis hulle kennis en insig verloor?
Kortom: daar is eenvoudig geen verskoning vir hierdie tipe nonsens aan die kant van die 'gewoonte' kansvatters nie. Ons het 'n paar maande gelede 'n onsmaaklike episode gehad toe 'n lyslid en haar ma aanstoot geneem het oor iets soortgelyks. En hier maak mense hulle so waar alweer skuldig aan iets soortgelyks! Leer hulle niks uit die verlede nie?

Anders as Wilna is ek nie van voornemens om ZaLang te verlaat nie en sal ek - indien dit nodig sou wees - die fluitjie aanhoudend blaas todat hierdie 'gewoonte' oortreders met hulle nonsens ophou. ZaLang vervul 'n baie nuttige rol in ons beroep, maar soos met alles in die lewe is dit die negatiewe aspekte wat ongelukkig baie van mens se 'nerveuse' energie tap. 'n Gespreksgroep kan slegs suksesvol wees as die lede hulle by die spelrels hou. Daardie rels is oorbekend - soos hierbo gestel - en daar is nie veel verskoning om dit herhaaldelik te ignoreer nie.

More in sorrow than in anger
Werner

Get short URL | Pages 1 2 all